Welkom by Kleuterzone Groep van Skole

Kobus Schoeman

UIT DIE PEN VAN DIE CEO...

Dit is alombekend dat Kleuterzone oor die laaste tyd ‘n ongekende en astronomiese groei getoon het, waarvoor ons uiters dankbaar is. Nie net het ons ‘n hele aantal skole bygekry nie, maar het ons bestaande skole ook fenominale groei getoon. Hierdie groei en die algemene sukses van Kleuterzone, is te danke aan die toegewyde personeel van die groep

Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te hoor van die onbaatsugtige en volgehoue diens wat ons personeel lewer. Aan elkeen van u wil ons, ons opregte dank uitspreek, Kleuterzone het homself bewys as ‘n leier in die mark en word ons daagliks oorval met gelukwense en positiewe terugvoer van die algemene publiek. Ons is tans ‘n huishoudelike naam in Suid Afrika en wil baie graag ons reputasie as ‘n toonaangewende onderneming voortsit.

Ons is ook daagliks op die uitkyk vir metodes om ons diens aan die publiek te verbeter. Ons moet ten alle tye onthou dat die kinders ons eerste prioriteit is en moet dit deurentyd ons missie wees om vir ons kinders ‘n liefdevolle en opbouende omgewing te skep. Daar moet altyd in gedagte gehou word dat die kinders onder ons sorg, ‘n baie groot gedeelte van hul dag in ons teenwoordigheid deurbring en dus het ons ‘n kardinale invloed op die emosionele en intellektuele ontwikkeling van elkeen van hierdie kinders. Dit is ‘n reuse taak wat elkeen van ons opgelê is en ons ouers verwag uiteraard dat ons hierdie taak met blymoedigheid, ywer en entoesiasme sal uitvoer. Hierdie is ‘n belofte en onderneming wat ons aan die publiek maak en ons sal ten alle tye dit gestand doen.

Reinette Cunningham

Ons sal Reinette altyd onthou...

“Elke kleuter is nog ryk aan verbeelding en in my mening ‘n ongeskilderde doek waarop ons as volwassenes; ouers en onderwysers die pragtigste kunswerk kan skep, die verbeeldingswêreld te ontwikkel en om hul te ontmoet op hul ouderdomsvlak.

Kinders kan ook vergelyk word met ‘n motor met 4 wiele. Hierdie wiele moet almal min of meer ewe hard gepomp word vir die motortjie om gemaklik te kan ry. ‘n Kleuter se 4 wiele is sy: Sosiale-, Emosionele-, Fisiese- en Intellektuele vaardighede. Dit is ons as volwassenes se verantwoordelikheid om hierdie vaardighede optimaal te ontwikkel.”