Welkom by Kleuterzone Groep van Skole

Ronel Willemse

Hoof Uitvoerende Beampte (CEO)

Uit Ronel se Pen...

Ons leer ons kleuters Christelike waardes en beginsels. Om ons naaste lief te hê en te respekteer. Dat elke persoon saak maak. Ons leer deur speel, deur vuil te word en die wêreld om ons te verken.

Ons program is saamgestel om elke kleuter in totaliteit te ontwikkel, ons poog om eerder sy/ haar gedagtes te prikkel sodat dit hulle nuuskierig en opgewonde sal maak om self te dink en feite te versamel. Die lekker en humor moet ook nooit uit die aktiwiteit geneem word nie, want hierdie lekker sal die kleuter prikkel om terug te kom vir meer. 

Onthou ook liewe ouer, hoe meer jy aanmoedig en prys, hoe beter gaan die kleuter vaar, selfs al is die opdrag verkeerd uitgevoer, help hom/haar om ‘n oplossing te kry, moet dit asseblief nie vir hulle doen nie, want sodoende leer hulle niks.

Daar word doelwitte gestel, maar elke klein treetjie wat die kleuter neem moet bydra tot sy selfbeeld en trots. Ons wil graag in hierdie treetjies daar wees en met u hande vat sodat hierdie ervaring vir u en u kind aangenaam en leerbaar sal wees.

Amanda Taute

Admin en Finansies

Reinette Cunningham

Ons sal Reinette altyd onthou...

“Elke kleuter is nog ryk aan verbeelding en in my mening ‘n ongeskilderde doek waarop ons as volwassenes; ouers en onderwysers die pragtigste kunswerk kan skep, die verbeeldingswêreld te ontwikkel en om hul te ontmoet op hul ouderdomsvlak.

Kinders kan ook vergelyk word met ‘n motor met 4 wiele. Hierdie wiele moet almal min of meer ewe hard gepomp word vir die motortjie om gemaklik te kan ry. ‘n Kleuter se 4 wiele is sy: Sosiale-, Emosionele-, Fisiese- en Intellektuele vaardighede. Dit is ons as volwassenes se verantwoordelikheid om hierdie vaardighede optimaal te ontwikkel.”