Toggel

Ons is trots om Toggel bekend te stel, ons nuwe tegnologiese stelsel wat u as ouer in real-time op hoogte hou van u kind se daaglikse aktiwiteite en vordering! Met Toggel kan u hul slaap, eet- en speelroetines reg vanaf u slimfoon monitor, wat u gemoedsrus gee dat u kind altyd veilig en gelukkig is.
Kleuterkrag

Beweging/ Balvaardighede/ Joga
- Konstruktiewe en Gewilde Sportaktiwiteite
- Spierversterking en Toning
- Besluitneming en Balans
- Ruimtelike Bewustheid
- Oog- en Handkoördinasie en Sensoriese Motoriese integrasie
Geselsgoggas

Drama en Storievertelling, Musiek, Dans en Beweging
- Bevorder Selfvertroue
- Fantasiegedrewe
- Leer my Liggaam Ken
- Bevorder Spontaniteit
- Vuur Verbeelding Aan
- Ritme is ’n voorskoolse vaardigheid vir Lees en Wiskunde
Koskabouters

’n Knippie Wetenskap, Kreatiwiteit, Natuur en Gesonde Kospret
- Lesse inkorporeer Wetenskap en Wiskunde deur Bak en maak, Tuinmaak, en die aanleer van nuwe smake.
- Inleiding tot wetenskap deur die maak van eenvoudige kosse
- Elke skool het hul eie kruietuin – Lewensvaardighede
- Wiskundige Vaardighede (meet en tydhou)
- Toevallige Lees – Resepte deur prente
- Besluitneming, Balans en Fynmotoriese Vaardighede
- Luister, Konsentrasie en beplanning
- Oog- en Handkoördinasie en sensoriese motoriese integrasie
Robotika en Kodering

Bevordering van tegnologiese vaardighede (ons voorspel dat Robotika en Kodering eersdaags verpligtend sal wees by meeste Laerskole)
Persepsie

Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede in jong leerders is uiters belangrik in die vaslegging van alle toekomstige ontwikkeling en leer. Persepsie beteken om die sintuie te gebruik om inligting oor die omgewing of situasie te verkry. Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede kan in alle vorme van leer voorkom.
- Visuele persepsie, Visuele diskriminasie en Visuele geheue.
- Ouditiewe persepsie, Ouditiewe diskriminasie en Ouditiewe geheue.
- Midlynkruising
Bybel

Geestelike verrykking deur middel van stories, liedjies en werkskaarte – vaslegging van ‘n waardesisteem.
- Visuele persepsie en Visuele diskriminasie
- Ouditiewe persepsie en Ouditiewe diskriminasie
Kuns

Kuns leer ‘n kind om betrokke te raak by sy omgewing en dit te interpreteer hoe hy/sy dit sien in ‘n kreatiewe manier. En om BAIE pret te hê.
- Visuele persepsie, Visuele diskriminasie, Midlynkruising en Ruimtelike persepsie
Bak en Brou

Die gebruik van al hulle sintuie, ruik, proe, tas, hoor en sien. Die aanleer van wiskundigetaal by meting en skatting bv groot koppie of 2 teelepels ens.
- Hand-oog-köordinasie en Ouditiewe persepsie
Wetenskap

Die uitbreiding van algemene kennis deur middel van feite, waarnemings en eksperimentering.
- Ouditiewe persepsie en Ouditiewe diskriminasie
LO

Dis die ontwikkeling en versterking van die hele liggaam en om te leer hoe om dit te gebruik deur verskillende vaardighede aan te leer. Groot motories, ‘n bal te skop, asook Klein motorie, potloodgreep.
- Hand-oog-köordinasie, Liggaamsbeeld, Midlynkruising, Lateraliteit, Dominasie en Ouditiewe persepsie
Musiek

Musiek en beweging is goed vir kinders se algehele welstand en ontspanning. Bevorder bilaterale koördinasie. Improvisasie vind plaas.
- Ouditiewe persepsie, Ouditiewe diskriminasie en Ouditiewe geheue
Opvoedkundigespel

Dis leer deur speel, of dit nou probleem oplossing is, fyn motories, konsentrasie ens. Opvoedkundigespel moet altyd organiseerd en gestruktureer wees en altyd met toesig.
- Visuele persepsie, Visuele diskriminasie en Visuele geheue
- Ouditiewe persepsie, Ouditiewe diskriminasie en Ouditiewe geheue
- Midlynkruising
Dit sluit ook in verrykkingsaktiwiteite soos:
Taalvaardighede

Die aanleer van ‘n suiwer taal met ‘n ryk woordeskat en die korrekte uitspraak daarvan. Die aanleer van idiome, intensiewe vorme en ‘n korrekte lees aksie.
Wiskundevaardighede

Ontwikkel tel, syferherkenning en herkenning van wiskundetaal bv. eerste, laaste, kortste, langste ens. Sortering, groepering, patrone en vormpersepsie.