Ons skool is gebou op die volgende 10 Christelike waardes:

Waardes gaan oor wie jy is as mens en wat jy gee aan ander. Waardes is die basiese reëls of standaarde waarvolgens elke mens sy lewe rig. Dit bepaal op die ou einde jou karakter.

Kleuterzone Groep van Skole

Respek

Hê respek vir myself, ouers, tannies en maats. Maar eerstens vir God.

Kleuterzone Groep van Skole

Liefde

Vir God, jou maats, jou ouers, tannies en skooltjie.

Kleuterzone Groep van Skole

Vriendelikheid

Groet vriendelik en gebruik ‘n aanspreekvorm. Glimlag gereeld. Vind altyd iets om oor te lag.

Kleuterzone Groep van Skole

Geduld

‘n Kind wat geduldig kan wag, leer in die proses ‘n hele reeks vaardighede wat in hul volwasse lewe handig te pas kom.

Kleuterzone Groep van Skole

Eerlikheid

Wees altyd eerlik, jou woord is jou eer. Tree eerlik op teenoor my ouers, tannies en maats.

Kleuterzone Groep van Skole

Kommunikasie

Gebruik taal om te sê hoe jy voel. Leer om jou emosies uit te druk en te sê wanneer jy bly, hartseer of kwaad is.

Kleuterzone Groep van Skole

Nederigheid

Leer om respek te hê vir ander, en jouself nie as beter as ander te beskou nie.

Kleuterzone Groep van Skole

Trots

Wees trots op wie jy is en hoe jy lyk, ook op jou skool en jou werkies.

Kleuterzone Groep van Skole

Regverdigheid

Almal moet gelyk en regverdig behandel word.

Kleuterzone Groep van Skole

Verantwoordelikheid

Elkeen het ‘n verantwoordelikheid teenoor hul besittings, omgewing, dade, woorde en opdragte.